|
Written by Jacques
|
Belowe, belowe Ek kom jou nou haal Ek sal nie vergeet Die tyd sal bepaal
Belowe, belowe Ek sal nie vergeet Al drie keer gesweer Vetroue gemeet
Belowe, belowe Die tyd sal bepaal Hoe effe, hoe amper My perd opgesaal
Belowe, belowe Van oggend tot aand Hoe klein en onseker My hartjie verdwaald |
|
|
Written by Jacques
|
|
Van vroegs af begin Die wêreld besin Die lekker, die seer Maar onthou jy mag nie huil nie… Wie sal dan weet Hoe vêr jou liefde meet? 'n Kind se verwagting so rein en eed Maar onthou jy mag nie huil nie… Hoe klein is jou kol? Met trane wat rol Jou oë so rooi en wange wat bol Maar onthou jy mag nie huil nie… En na jare se sweet En bitterdae vergeet Lente na Herfs En kyk pa, ek huil nie eers… Is dit ons werk Die trane beperk Met elke klein ding op ons harte gemerk En kyk ma, ek kan nie eers huil nie… |
|
|